NUUT! Nuttige toerusting vir oprigting van heinings

Vir die selfdoen-produsent wat verkies om eerder self draad te span, is daar ‘n verskeidenheid toerusting by Chemvet beskikbaar om dié taak met gemak af te handel – soos die draadspanleertjie. Hierdie spesiale driepoot-leer is stewig en verseker stabiliteit in alle omstandighede.

PYPHAMMER

Beskikbaar in verskeie heininghoogtes. Die inslaan van Y-ysterpale is aansienlik vinniger met hierdie pyphammer.

“SPINNING JENNY” – STAALDRAAD AFROLTOESTEL

Rol staaldraad moeitevry af met die “Spinning Jenny”. Hierdie toestel word ook vervaardig in ‘n mobiele eenheid wat tot drie rolle staaldraad op ‘n keer kan hanteer. Dit beskik oor swaardiens kruiwawiele om beweegbaarheid op enige terrein te vergemaklik.

DORINGDRAAD AFROLKATROL

Om doringdraad te hanteer, is altyd ‘n probleem. Hierdie afroltoestel vergemaklik die hantering van doringdraad en kan gestoot of getrek word. Dit word vervaardig om enkel- sowel as dubbeldoringdraad te akkommodeer.

Skakel gerus enige van Chemvet se bekwame verkoopspersoneel by 011 437 9000 om vandag nog jou bestelling te plaas.


 

Our Clients