Hinge Joint blokdraadheinings bekendgestel aan die publiek
Chemvet Staal en Omheining, verspreider en vervaardiger van alle staalen omheiningsprodukte sedert 1979, kondig met trots aan dat hy self nou die vervaardiger is van Chemvet Hinge-Joint-blokdraadheinings.
“Chemvet het die behoefte in die mark vir pasgemaakte blokdraadheinings raakgesien, en só is Chemvet Hinge-Joint gebore. Die afgelope vyf jaar het die fokus in die heiningbedryf verskuif. ’n Heining is nie net meer ’n lyndraad wat jou van jou bure skei nie, maar eerder ’n vereiste wat jou duur belegging beskerm. Almal is bewus van huidige wildpryse asook die nodige opskerping van sekuriteit,” verduidelik mnre Aldon Prinsloo en Eugene Marais, direkteure van Chemvet. Die blokdraad kan volgens die klant se behoefte aangepas word deur die draadblokke groter of kleiner op verskillende hoogtes te vervaardig. Kleiner blokke onder verseker ’n digter heining en groter blokke na bo ’n kostebesparing. Die grootste voordele van die Chemvet Hinge-Joint-blokdraadheining is dat dit maklik en vinnig opgerig kan word, wat dus arbeidskoste verminder. Met ’n spanbalk en katrol(le) word die spanning dieselfde oor al die lyndrade versprei. Tydens vervaardiging word die draad gekink en dit verhoog die heining se elastisiteit, wat die impak kan absorbeer indien ’n dier daarteen spring. Materiaalkostes word verder ook verminder deurdat minder sparre benodig word.
Prinsloo sê verder: “Aangesien ons die blokdraad self vervaardig en direk aan die mark en koöperasies lewer, is dié draad dus baie kosteeffektief.” Chemvet Hinge-Joint is ’n volversinkte draad wat dus die lewensduur van die heining gaan verleng. Dié blokdraad kan ook met groot sukses geëlektrifiseer word indien offset brackets of wegstaanhake geïnstalleer word. Deel van Chemvet se 37-jarige sukses is sy puik klantediens. “Ons streef daarna om uitmuntende klantediens te lewer en kwotasies en produkte so spoedig moontlik aan klante te gee. Ons sien elke klant as ’n potensiële vriend,” spog Marais met trots. Betroubare heiningkontrakteurs kan aanbeveel word. Chemvet se vloot afleweringsvragmotors lewer landwyd af, asook in naburige lande soos Namibië, teen kompeterende tariewe. Chemvet en sy direkteure verstaan hul klante se behoeftes aangesien hulle as maatskappy en in hul private hoedanigheid self belê in die landbou, met belange in die braaikuiken-, bees-, saai- en wildboerdery. Hulle kan dus eerstehandse kennis deel uit persoonlike ondervinding van die bedryf.
Chemvet se produkreeks bestaan nie slegs uit alle soorte draad, bv staal-, doring-, sif- en diamantdraad, asook ysterpale en sparre nie, maar ook uit staalprofiele, plate, konstruksiestaal, Aen B-graad staal asook sink, direk aan die boer. Chemvet beskik ook oor die hele reeks elektrifiseringsprodukte. Marais sê verder: “Aangesien Chemvet oor sy eie vervaardigingsaanleg ook beskik, kan ons pale, stutte en hekke intern volgens die klant se behoeftes vervaardig.
Selfs staalstrukture soos skure en omgewingsbeheerde hoenderhuise word ontwerp en op die selfdoenkonsep aan die boer gelewer.” By Chemvet nooi ons jou dus uit om ons bekwame en professionele verkoopspan met gemoedsrus te kontak omdat ons hier in die stad steeds die boer se belange op die hart dra.