Omhein Jou Belegging

Aug 23, 2021 | Articles

omhein jou belegging

Omhein jou belegging met Chemvet

Elke boer se oogmerk is om wins te maak en goeie opbrengs op kapitaal te verdien. Dis tog die dryfveer van enige besigheid of belegging. As daar in retrospeksie gekyk word na die groeikoers van skaarswildspesies se pryse oor die afgelope vyf jaar, word talle boere met die vraag gekonfronteer of daar nie in dié boerdery belê moet word nie. Dis ’n bedryf wat selfs die aandelemark ver uitstof. Spesie-omheining is ’n geweldig kapitaalintensiewe uitgawe en daar moet dus deeglik navorsing gedoen word oor die soort en gehalte van wild, infrastruktuur en een van die belangrikste komponente, die teelkampheining wat aan jou spesifieke behoeftes sal voldoen. By Chemvet is ons al ’n geruime tyd bedrywig met navorsing oor die korrekte teelkampheining vir elke spesie. Ons werk nou saam met van die land se grootste telers en is ook self in die bedryf betrokke. Ons kan dus eerstehandse kennis deel, sowel as probleme identifiseer.

Van die belangrikste aspekte waarop die wildboer moet fokus by die keuse Van ’n teelkampheining is:

omhein jou beleging drie1. watter soort wild gaan ek toekamp?
Wild word geklassifiseer in kruipers en springers. Vir kruipers (bv njalas, swartwitpense en bastergemsbokke) sal ’n 1,8 m-heining voldoende wees. Buffels val ook in hierdie kategorie. Vir springers (bv rooibokke, koedoes, elande en waterbokke) word ’n heining met ’n hoogte van 2,4 m aanbeveel. Waar ’n teelkamp dus vir njalas of swartwitpense binne ’n bestaande plaas voorkom, moet in ag geneem word dat die koedoes en rooibokke wat moontlik vrylik op die plaas rondloop, oor die 1,8 m-heining kan spring en probleme by die voerplek kan veroorsaak.

2. watter ondiere kan ’n probleem veroorsaak?
Rekordpryse word vir wild betaal en dus kan daar nie ’n kans gewaag word om ’n dier te verloor weens ’n jakkals of rooikat nie. Vir ondierbekamping word sifdraad (jakkals- of varkdraad) aan die onderkant van ’n staaldraadheining aanbeveel, sowel as die nodige elektrifisering. Daar is verskeie opsies vir elektrifisering, afhangend van die ondierspesie wat bekamp moet word. Waar vlakvarke ’n probleem is, word ’n pootjiedraad aan die buitekant van die heining aanbeveel. Varke grawe tonnels onderdeur die heining en dan kruip ondiere daardeur. Aan die binnekant word lewendige lyne ook aanbeveel om diere van die heining af weg te hou.

omhein jou beleging twee3. ander belangrike inligting wat ook in ag geneem moet word
Daar is verskeie ligtediensprodukte op die mark beskikbaar, bv trekpale en stutte met ’n dunner wanddikte, lig versinkte draad, asook dunner en ligter ysterpale, sparre en hekke. Goedkoop koop is duur koop. Moenie kanse waag met goedkoper materiaal nie. Dis tog swak bestuur om buffels of swartwitpense, wat jou miljoene uit die sak gejaag het, agter ’n ligtediensheining te laat loop. Maak dus seker dat jy appels met appels vergelyk wanneer jy materiaal aankoop. Spandeer eerder ’n bietjie meer aan kwaliteit om die lewensduur en sterkte van jou heining te verseker.

By Chemvet nooi ons jou dus uit om ons bekwame en professionele verkoopspan met gemoedsrus te kontak aangesien ons graag jou belange op die hart dra. Met 35 jaar se ondervinding streef ons steeds daagliks daarna om die leiers op die gebied van omheining te bly met kompeterende pryse en uitmuntende klantediens. Ons sien uit daarna om al jou omheiningsvrae te beantwoord.

More Articles