Uitstekende nuus uit die wildheining-arena!

Aug 23, 2021 | Articles

Wildheining nuus

Attie SmutsUitstekende nuus van Chemvet Staal

Dink jy dalk daaraan om bestaande heinings op te gradeer, te herstel of ’n nuwe heining te span? Attie Smuts, uitvoerende hoofbestuurder van Chemvet Staal en Omheining sê: “Daar is uiteindelik goeie nuus vir alle wildboere – draad- en staalpryse is nou ongeveer dieselfde as ’n paar jaar gelede! As gevolg van die wisselkoers, verlangsaming van die ekonomie en surplus staal beskikbaar, het staalpryse aansienlik gedaal. Belaglik hoë staalpryse is die afgelope paar maande gestuit met stewige dalings. Dit is onwaarskynlik dat staalpryse verder gaan daal.” Indien pryse van produkte wat hoofsaaklik in wildheinings gebruik word oor die afgelope vier jaar vergelyk word, wag ’n heerlike verrassing (kyk grafieke).

heiningHoëgehalte-omheining en wildboerdery – een van Suid-Afrika se grootste valutaverdieners – is onlosmaaklik deel van Chemvet Staal en Omheining se strewe om aan jou as wildboer voortdurend hoëgehalteprodukte en kompeterende pryse te lewer. Ons poog verder om alle verlaagde pryse so spoedig moontlik aan jou oor te dra. Belangrike feite wat mens verder in ag moet neem wanneer jy ’n heining wil span, is dat verskeie produkte tans in die mark beskikbaar is. Attie waarsku: “Moeilike ekonomiese omstandighede dra by tot die gevaarlike versoeking om produkte van laer gehalte aan te koop. Doen jou huiswerk deeglik en vergelyk appels met appels.” Daar is lig- en vol-versinkte staaldraad beskikbaar. Hoewel die prysverskil slegs 20% is, is die versinkingslaag op die volversinkte draad 600% beter. Verder is daar ook K-tipe- en Y-tipe-ysterpale in die mark.

Die geheim is hier om die massa van elke soort met mekaar te vergelyk. ’n 3,0 m-Y-tipe-ysterpaal weeg byvoorbeeld 7,02 kg teenoor die K-tipe, wat 25% ligter is. Verskeie soorte sparre is ook beskikbaar, byvoorbeeld Mittal Rifrug-, Newcastle-, Ritz- en plastieksparre. Weer eens moet mens die massa in ag neem. Indien staalsparre vergelyk word, kan van die sparre se massa tot 45% minder wees. Kyk verder ook na die diktes van trekpale en stutte. Indien ’n 2,4 m-wildsheining met 21 lyne gespan word, is die trekspanning op die paal ongeveer 7,5 ton. Dit maak tog meer sin om ’n swaardienstrekpaal van 3 mm en dikker te gebruik as ’n paal van 1,6 mm en 2 mm dikte. Onthou, alles wat glinster is nie goud nie, en só kan goedkoop koop baie maklik in duurkoop verander!

Onthou ook dat ons by Chemvet Staal en Omheining jou kan bystaan met die oprigting of opgradering van jou wildheining deur jou na gevestigde heiningkontrakteurs te verwys, asook om aflewerings landwyd teen lae tariewe te reël. Attie sluit af deur te sê: “Hier by Chemvet Staal en Omheining is ons reeds die afgelope 30 jaar ’n voorstander om ’n hoëgehalteheining as ’n ware belegging te benader en nie as ’n kortstondige ‘winskopie’ nie. Daarom moet wildboere onthou dat gehaltewildomheining baie meer werd is as net ’n draad wat in die veld gespan word.” Kontak gerus Aldon, Madelein,
Dalean, Mark of Jackie by (011) 437 9000, 082 528 4402 of epos ons by madelein@chemvet.co.za vir al jou omheiningsbenodighede.

More Articles